Deeltitelskemas: Watter reëls geld hier?

Written by  Libo van Aswegen
Rate this item
(4 votes)
Deeltitelskemas: Watter reëls geld hier? Deeltitelskemas: Watter reëls geld hier?

Om ‘n eiendom in ‘n deeltitelskema te besit of huur, kan heelwat meer verpligtinge plaas op die eienaar of huurder ten opsigte van die nakoming van reëls en regulasies as wat van toepassing mag wees op ‘n eienaar of huurder van ‘n vol-titel eiendom. Die rede hiervoor is dat die regte van al die eienaars en huurders beskerm moet word ten einde almal in staat te stel om die volle genot van hul eiendom te hê. As jy dus ‘n eenheid in ‘n deeltitelskema besit of huur lees verder en let op die wyer stel reëls wat relevant mag wees tot jou.

Die inwoner van ‘n deeltitelskema se optrede is nie net onderhewig aan die bepalings van die Wet op Deeltitels (‘die Wet’) nie, maar ook aan die bestuursreëls en die gedragsreëls wat deur die Wet geskep word.

Die bestuursreëls bevat bepalings omtrent die bestuur en administrasie van die skema, die vasstelling van heffings, vergaderings en stemregte, wat redelik neutraal ten opsigte van die aard van die skema is. Die gedragsreëls, aan die ander kant, hou meer verband met die aard van die skema en die dag tot dag optrede van die eienaars en bewoners.

Dit is die plig van die trustees van die skema (wat as verteenwoordigers van die eienaars optree) om toe te sien dat die reëls van die skema behoorlik en korrek toegepas word. Reëls kan egter nie alleen die nodige harmonie in ‘n deeltitelbuurt skep nie. Hiervoor is die gesindheid van al die eienaars en huurders nodig. Eienaars en huurders moet streef om in harmonie met die ander inwoners te leef, hulself aan die gesag van die bestuur te onderwerp en bereid wees om ‘n positiewe rol daarin te speel.

Dit gebeur dikwels dat anti-sosiale gedrag van enkele inwoners (deur byvoorbeeld voortdurend harde musiek tot laat in die nag te speel) die harmonie in ‘n deeltitelbuurt versteur en gehoorsame eienaars en huurders moet hieronder lei. Netso kan die wanbetaling van heffings die regspersoon van ‘n skema in ‘n finansiële krisis dompel met agterstallige munisipale rekeninge wat ophoop en noodsaaklike instandhouding wat afgeskeep word en uiteindelik die her-verkoopwaarde van al die eenhede in ‘n skema benadeel.

Dit is ongelukkig so dat die Wet en die standaard reëls (naamlik die bestuurs-en gedragsreëls) minder streng is wanneer dit kom by die toepasing van sanksies in ‘n deeltitelskema. Trustees moet soms moedeloos toekyk terwyl enkele inwoners voortdurend die reëls verontagsaam. Die beste oplossing is om die bestuurs- en gedragsreëls te wysig ten einde trustees in staat te stel om gebruik te maak van effektiewe boetebepalings. Dit is egter belangrik om daarop te let dat boetebepaling in die vorm van sogenaamde ‘huisreëls’ nie afdwingbaar is nie en liefs vermy moet word.

Die skepping van afdwingbare reëls waarvolgens boetes opgelê kan word, verg kundige opstelling en trustees moet dit nie sonder regsadvies aanpak nie. Maar dit kan gedoen word. Alle reëls deur die regspersoon geskep of gewysig moet redelik wees en op alle eienaars van soortgelyke dele op gelykmatige wyse van toepassing wees. Indien ‘n gewysigde reël nie hierdie toets slaag nie, mag ‘n Hof bevind dat dit onafdwingbaar is. Let ook daarop dat ‘n wysiging eers in werking tree wanneer dit by die kantoor van die Registrateur van Aktes geliasseer word.

Libo van Aswegen

Libo van Aswegen

Libo obtained his B.Com (Law), LL.B and LL.M degree(s) from the University of Stellenbosch and his LL.M thesis was published by the Stellenbosch Law Review. 

Apart from excelling academically, Libo also served as Executive Committee Member of the University of Stellenbosch Debating Committee and Rag Committee. In 2001, he also represented the University of Stellenbosch at the Moot in Vienna, Austria; formally known as The Institute of International Commercial Law – Arbitration Competition.

Further studies at UNISA and the University of the Free State resulted in a National Diploma in Property Valuation, a Postgraduate Diploma in Advanced Taxation Law and a Postgraduate Diploma in Financial Planning.

He started his articles at Naudes Attorneys in January 2002, and passed his conveyancer- and notary exams prior to writing his attorney admissions exams.

Libo is currently an associate in the Conveyancing Department of Naudes practicing as conveyancer and notary providing a range of property law solutions to both private and institutional clients.

Website: www.naudes.co.za

Related items (by tag)

back to top